Adam Habib: Suid-Afrikaanse universiteite lewer nie genoeg doktorsgrade nie
Sipho Masondo het met akademici gesels oor die aantal PhD-grade wat by Suid-Afrikaanse universiteite behaal word en onder meer aangeklop by Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand en outeur van Rewolusie op ys: Suid-Afrika se vooruitsigte.
In verwysing na die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se voorgestelde 5 000 PhD’s teen 2030 sê Habib: “Om die NOP-teikens te bereik sal universiteite die wyse waarop dinge gedoen word fundamenteel moet verander.”
Lees die artikel vir meer oor die statistieke rondom PhD’s in Suid-Afrika:
In ’n studie in 2010 deur die Suid-Afrikaanse Akademie van Wetenskap (Asaf) is bevind die getal PhD-grade wat die afgelope 20 jaar elke jaar toegestaan is, het tog skerp gestyg. In 1996 het plaaslike universiteite 685 doktorsgrade toegestaan. Teen 2010 was dit 1 421. Maar Suid-Afrika is steeds ver agter ’n land soos Brasilië, waar net die Universiteit van São Paulo in 2010 2 244 PhD’s opgelewer het.
Habib sê die toename wat Suid-Afrika oor twee dekades getoon het, was steeds “skreiend onvoldoende” vir ’n 21ste-eeuse, kennis-gebaseerde ekonomie.
Die akademie se verslag het onthul dat Suid-Afrika tussen 23 en 27 PhD-grade per miljoen mense per jaar oplewer teenoor Brasilië se 52 s’n.
Boekbesonderhede
- Rewolusie op ys: Suid-Afrika se vooruitsigte deur Adam Habib
EAN: 9781868146109
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article