Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wits University Press

@ Sunday Times Books LIVE

Adam Habib maak oop oor #FeesMustFall: “Ek staan aan die kant van die studente”

“Die regering moet nou sy kant bring. As hy dit nié doen nie, is ons in groot moeilikheid. Maar nie net die regering nie, ook die visekanseliers en universiteitsbesture. Almal is deel van die probleem, almal moet deel word van die oplossing – en die private sektor moet begin wakker word en hul kant bring.”

Só het Wits-visekanselier Adam Habib, outeur van Rewolusie op ys: Suid-Afrika se vooruitsigte (beskikbaar in vier tale), tydens ‘n onthullende onderhoud aan Rapport-joernalis Hanlie Retief gesê. Sy het by hom gaan aanklop om te gesels oor die vurige protes wat die afgelope week in die land geheers het rakende die stygende koste van tersiêre onderwys in die land.

Rewolusie op ysInguqukombuso YeNingizimu Afrika Eyabondwa YashiywaNtwa ya Boitseko e Fanyehuweng ya Afrika BorwaSouth Africa's Suspended Revolution

 
Habib maak oop oor die gesprekke wat hy die afgelope tyd met studente, die regering en selfs in sy eie gesin gevoer het en maan: “Ons moet almal besef dis ’n uiters moeilike oomblik in ons geskiedenis.” Hy hou egter vol, “ek wil dit baie duidelik maak: Ek staan aan die kant van die studente”.

Lees die artikel vir insig oor die #FeesMustFall-proteste:

‘Wie’t ooit kon dink ek sou dié kant van die barrikade staan? Dis die ironie van ironieë. Die afgelope week was ’n emo­sionele roller coaster.”

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het in ’n historiese week die openbare gesig geword van die knyptang waarin die regering die land se visekanseliers en rektore vasvang: Besnoei hul geld, maar druk hulle om meer studente toe te laat.

“Dit is hierdie teenstellings wat ek nou moet bestuur,” sê prof. Habib met ’n sug.

Lees ook:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment