Penny Siopis: Time and Again – Tentoonstelling anker Siopis se erns as kunstenaar
’n Tentoonstelling van die kunstenaar Penny Siopis se kunswerk het op Donderdag, 18 Desember 2014 by die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad geopen.
Die oorsig se titel is “Time and Again” en val saam met die publikasie van Penny Siopis: Time and Again wat saamgestel is deur Gerrit Olivier.
Melvyn Minnaar het voor die uitstalling ’n artikel oor die boek geskryf en ‘n gesprek tussen Siopis en William Kentridge ingesluit.
Lees die artikel:
In die omvattende boek wat onder die bekwame redakteurshand van Gerrit Olivier deur Wits University Press uitgegee is, is ’n heerlike gesprek tussen Kentridge en Siopis wat die kunsgeskiedkundige lyn trek van daardie opwindende era tot vandag. Hulle gesels onder meer oor die proses van kunsmaak en hoe hulle fisiek daarin betrek word. Siopis sê byvoorbeeld dat sy meer belang stel in die rimpeling as die geplons van die klip wat jy in die stroom gooi. Hierdie opmerking gee ’n aanduiding van haar eksperimente met kunsmedia en wat sy sedert daardie skilderye van die 1980’s steeds ontgin en bemeester.
Na sy besoek aan die tentoonstelling het Minnaar weer ‘n artikel oor Siopis geskryf waarin hy noem dat die oorsig goed nagevors en netjies versorg is deur kurator Ernestine White en dat dit daarin slaag om Siopis se “erns as kunstenaar” te anker.
Lees die artikel vir Minnaar se indruk van die tentoonstelling:
Soos ’n behoorlik nagevorste oorsig-aanbieding immer hoort te wees, is dit ’n sierlike huldeblyk aan die kunstenaar en ’n behaaglike openbaring aan toeskouers.
Die uitleg en aanbieding, anders as onlangse SANG-pogings, lyk reg en logies, met tematiese pole gebalanseer sonder dat chronologie (tog belangrik as ’n lewensverhaal uitgebeeld word) absoluut opgeoffer word.
Daarbenewens is daar ’n uitstekende bypassende publikasie.
Boekbesonderhede
- Penny Siopis: Time and Again saamgestel deur Gerrit Olivier
Boek se tuisblad
EAN: 9781868146956
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment