Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wits University Press

@ Sunday Times Books LIVE

Adam Habib: Suid-Afrikaanse universiteite lewer nie genoeg doktorsgrade nie

Rewolusie op ysSipho Masondo het met akademici gesels oor die aantal PhD-grade wat by Suid-Afrikaanse universiteite behaal word en onder meer aangeklop by Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand en outeur van Rewolusie op ys: Suid-Afrika se vooruitsigte.

In verwysing na die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se voorgestelde 5 000 PhD’s teen 2030 sê Habib: “Om die NOP-teikens te bereik sal universiteite die wyse waarop dinge gedoen word fundamenteel moet verander.”

Lees die artikel vir meer oor die statistieke rondom PhD’s in Suid-Afrika:

In ’n studie in 2010 deur die Suid-Afrikaanse Akademie van Wetenskap (Asaf) is bevind die getal PhD-grade wat die afgelope 20 jaar elke jaar toegestaan is, het tog skerp gestyg. In 1996 het plaaslike universiteite 685 doktorsgrade toegestaan. Teen 2010 was dit 1 421. Maar Suid-Afrika is steeds ver agter ’n land soos Brasilië, waar net die Universiteit van São Paulo in 2010 2 244 PhD’s opgelewer het.

Habib sê die toename wat Suid-Afrika oor twee dekades getoon het, was steeds “skreiend onvoldoende” vir ’n 21ste-eeuse, kennis-gebaseerde ekonomie.

Die akademie se verslag het onthul dat Suid-Afrika tussen 23 en 27 PhD-grade per miljoen mense per jaar oplewer teenoor Brasilië se 52 s’n.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment