Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wits University Press

@ Sunday Times Books LIVE

Adam Habib: Afrikaanse universiteite druis in teen die beginsels van ons Grondwet

Rewolusie op ysSouth Africa's Suspended RevolutionAdam Habib, outeur van Rewolusie op ys: Suid-Afrika se vooruitsigte en rektor en visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, het onlangs die volgende kwellende vraag prontuit beantwoord: “Is dit nog gepas dat ons vandag, 20 jaar ná demokrasiewording, universiteite het wat grotendeels wit, Afrikaanssprekende studente verteenwoordig?”

“Afrikaanse universiteite is ’n slegte idee,” sê Habib en verduidelik waarom hy so voel. Hy noem ook dat hy ook ‘n probleem het met historiese swart universiteite en sê dat homogene gemeenskappe wat op hierdie kampusse verteenwoordig en bevorder word teen die beginsels van ons Grondwet druis.

“Jy kry Afrikaanse universiteite waarvan 70% van die studente wit is 20 jaar ná demokrasie … hoe gepas is dit? Dit druis nie net teen die beginsels van ons Grondwet in nie, maar ook teen die beginsel om ’n diverse, kosmopolitiese omgewing te skep.”

Is dit nog gepas dat ons vandag, 20 jaar ná demokrasiewording, universiteite het wat grotendeels wit, Afrikaanssprekende studente verteenwoordig?

Prof. Adam Habib, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, het gister in ’n onderhoud oor uitdagings in die hoër onderwys nie doekies omgedraai nie oor hoe hy voel oor “Afrikaanse universiteite”.

“Ons moet onsself vra: Hoe deelnemend is ons as ’n nasie?” het hy gesê.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment