Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wits University Press

@ Sunday Times Books LIVE

Amanda Botha bespreek Shaun Viljoen se gedeeltelike biografie van Richard Rive

Richard Rive“Hierdie ‘gedeeltelike’ biografie deur Viljoen is die eerste oor ­Rive en bied ’n boeiende insig in die psige en ontwikkeling van die man wat sy pa nie geken het nie en as laatlammetjie veel donkerder van kleur was as die res van sy familie,” skryf Amanda Botha oor Shaun Viljoen se boek, Richard Rive: A Partial Biography in ‘n artikel oor boeke uit Distrik Ses vir Rapport.

Botha prys Viljoen dat hy dit regkry om Rive se lewe en werk aan te bied deur ‘n “intieme blik op die kollektiewe psige van ’n belangrike deel van ons samelewing” en beklemtoon dat die sensitiwiteit waarmee die biograaf te werk gegaan het noemenswaardig is. “Belangrik ook is Viljoen se ondersoek na die invloede in Rive se werk – ’n lewe verreken in letterkunde.”

Botha tree later vanjaar op by die US Woordfees waar sy die lewe en werk van Rive met behulp van Vijoen se studie met Appollis sal bespreek.

As jy iets van die ou Distrik Ses beleef het, sal die indrukke van die oorvol strate met gillende, laggende kinders, die gemoedelikheid van mense wat praatjies op straathoeke maak, wapperende wasgoed, visverkope op die sypaadjies en groente- en vrugtestalletjies soos ’n home movie voor jou geestesoog afspeel.

Jy sal die karakters van die buurt in herinnering roep, mense wat elke dag eerbaar hul bydrae gemaak het, maar ook weet van die ou roekers, die partyjollers, die naghole van matrose en prostitute. Jy sal onthou van die wonderwêreld as die Klopse kom, die gejuig en gejil om ’n nuwe jaar in te dans. Jy sal weet van mense wat nooit hul drome verloor het om later somebodies te word nie. Iets van die hoop sal jou bybly as jy later name onthou van mense wat onuitwisbare spore in ons breër Suid-Afrikaanse lewe getrap het.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment