Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Wits University Press

@ Sunday Times Books LIVE

Pieter du Toit: Kritiek in Adam Habib se South Africa’s Suspended Revolution moet ernstig opgeneem word

South Africa's Suspended Revolution Pieter du Toit, Beeld se nuusredakteur, het onlangs in ‘n rubriek gemaan dat “kritiek uit eie boesem” ernstig opgeneem moet word, met verwysing na Adam Habib se boek South Africa’s Suspended Revolution wat gaan oor Suid-Afrika se politiese oorgangsjare.

Du Toit herroep die tyd voor en gedurende die “val van Thabo Mbeki”, toe Trevor Manuel bedank het as minister van finansies en die krisis op die effektebeurs wat gevolg het: “Dit het Zuma in ’n knyptangsituasie gehad”. Habib bied in sy boek raad oor hoe dié sistuasie in die toekoms verhoed kan word en Du Toit meen dat dit wys van die ANC sou wees om na Habib se raad te luister.

Die ANC en sy leiers sal goed doen as hulle Adam Habib se toeganklike en skerpsinnige South Africa’s Suspended Revolution ter harte neem.

Dié professor in politieke wetenskap en rektor van die Universiteit van Witwatersrand se ideologiese vertrekpunt kom grootliks ooreen met die regerende alliansie se beweerde linkse, sosialistiese uitkyk op die lewe. Habib is dus in ’n goeie posisie om die ANC se beleidsbesluite sedert 1994 aan die hand van teorie te oordeel. En dit doen hy.

Book details

 

Please register or log in to comment