Adam Habib spreek ekonomiese ongelykheid aan by Aardklop-gesprek
Die ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika het aandag geniet tydens ‘n onlangse gesprek by Aardklop tussen Adam Habib, outeur van South Africa’s Suspended Revolution, City Press-redakteur Ferial Haffajee en ontleder JP Landman.
Habib het gesê die heersers en hoër middelklas se ongevoeligheid vir die lyding van die massas veroorsaak groter verdeeldheid in die land. Hy meen frustrasie en woede is besig om by die armer klasse op te bou, veral as hulle byvoorbeeld sien dat hul president ‘n woning van meer as R200 miljoen het.
Vroegopstaners is gisteroggend vergas op ’n politieke debat uit die boonste rakke tussen Ferial Haffajee (redakteur van City Press), die ontleder JP Landman en prof. Adam Habib, Wits se visekanselier.
Definitiewe persepsieverskille het tydens die debat ontluik, met Landman aansienlik positiewer oor die land se vooruitsigte as die meer waaksaam-bekommerde Haffajee en Habib.
Boekbesonderhede
- South Africa’s Suspended Revolution deur Adam Habib
Boek se tuisblad
EAN: 9781868146086
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment